Aan wie dit mag aangaan
Ek het my selfoon, ‘n HTC by Menlyn vodacare op 20 Februarie 2009 ingegee omdat dit probleme gee deurdat dit dikwels vries en dan wil dit glad nie werk nie. Ek het op dieselfde dag ‘n sms gekry wat lui: ‘ Job number 448509 has been sent to a higher level repair centre. You will be notified when it is returned and ready for colletion’
Verlede week het ek ‘n sms gekry wat se dat ek my foon kan afhaal.
Vanmiddag het ek by vodacare my foon probeer kry en het die job nommer vanaf die sms gekwoteer. Die dame het gevra vir my ID boek en toe my foon gaan haal. Groot was my verbasing dat ek nie my volledige foon terugkry nie. Die battery en die agterste cover was af. Sy het aan my gese dat volgens die job kaart het hulle die ‘accessories ‘ aan my oorhandig toe ek dit ingegee het. Ek het gese dat dit nie waar is nie. Ek het die bepaalde dag nog my telefoonnommers by dieselfde vodacare op ‘n CD laat sit en dit kon nie gedoen word sonder die battery en die agterste cover op nie. Die volledige foon was net so direk aan Vodacare oorhandig en ek het GEEN bewys stuk gekry dat hulle dit ingeneem het nie.
Ek het gevra om ‘n bestuurder te sien. ‘n Ene mnr Tobie Basson het my te woord gestaan. Hy het aan my gese dat ek die job kaart wat die dag aan my oorhandig was aan hom moet gee. Toe ek se dat ek nie ‘n jobkaart ontvang het nie- geen dokumente dat hulle die foon ingeneem het nie, het hy gese dat ek nie die waarheid praat nie. Ek het aan hom verduidelik dar ek op hierdie bepaalde oomblik ook nie enige bewysstuk het dat hy die foon aan my teruggegee het nie (hy het op die oomblik met al die papiere in sy hande gesit) maar dat ek wel die foon in my hande het. Dit is aangevoer as bewys dat hulle wel opslip om papiere te oorhandig. Hy het gese dat ek die foon aan hom moet teruggee, want hy gaan nie aan my die foon teruggee tensy ek 'n jobkaart aan hom toon nie. Ek het geweier. Ek het vir hom gese dat die foon korrespondeer met die jobnommer wat ek per sms ontvang het en ook my ID boek wat hulle onder oe gehad het.
Hy het gese dat hy my sal laat arresteer indien ek sy winkel verlaat met my (halwe) foon. Ek het gese dat ek nie gaan loop sonder dat ‘n volledige foon, soos wat ek aan hulle aanvanklik oorhandig het, aan my gegee word nie. Na ‘n langtyd wat ek gewag het en dit duidelik is dat ek nie gehelp gaan word nie, het ek mnr Basson laat roep en aan hom die halwe gedeelte van my foon (sonder die battery en agter cover) oorhandig en gese dat hy sal weer van my hoor.
Ek is uiters geskok en terleurgesteld hoe ek as klient hanteer was. Mnr Basson se arrogante en uitdagende houding hoort nie by ‘n persoon wat met die publiek deel nie.
Ek neem hierdie aangeleentheid met u op en hoop dat ek spoedig my volledige foon wat behoorlik herstel is sal terugkry.
Ria Venter
BA ( Politieke Wetenskap)
BA(Honneurs)(Internasionale Politiek)
BA(Honneurs)( Sielkunde),
CFP
635 Seanstreet, Moreletapark
012 997 0475
082 921 5492
012 9970475 or 0866359906
[email protected]